Du Toit Gesin
family-photoshoot-in-koue-bokkeveld
17 Oktober 2020 | Koue Bokkeveld

family-photoshoot-in-koue-bokkeveld

Soos ek stop by die Du Toit’s se huis op De Keur in die Koue Bokkeveld, bondel vriendelike seunsgesiggies by die voordeur uit. Skepties, maar tog opgewonde wil hulle graag weet hoe lank ons gaan fotos neem. Charl du Toit, hulle pa, roep die vier seuns nader en moedig hulle aan om hul skoene aan te trek en reg te maak vir hulle familie fotos. Cathy, beeldskone, blondekop ma van dié Du Toit gesin kom ook by die huis uitgestap. Sy herinner die seuns van die bak roomys wat as beloning in die vrieskas wag as elkeen sy samewerking gee.

Die bak roomys kom keer-op-keer tot ons redding sodra die mannetjies begin woelig raak. Vir meer as ‘n uur-en-dertig-minute neem ons die mooiste, natuurlikste fotos van dié pragtige gesin met soveel lag en speel dat die seuns vergeet van die bak roomys in die vrieskas en hulle beste glimlagte gee.

Volg ons sosiale media vir meer nuus en inligting. | Facebook | Instagram

More Albums