Burger & Ellis Familie
16 Oktober 2021 | Ashton
Teen die tyd wil ons naar raak as ons die C-woord hoor, maar ‘n pandemie soos hierdié het regtig vir ons gewys dat ons elke oomblik saam moet koester.
Familiefotos is van daardie goed wat mens bly uitstel tot jy maerder is, geld daarvoor het of self net lus daarvoor is. In ‘n oogwink kan alles verander, waar jy wens jy eerder vet gelyk het, ‘n geldjie daarvoor weggeknyp het of die moed bymekaar geskraap het om saam met dié wat jy liefhet op ‘n foto te kon wees.
Tye saam is kosbaar en familiefotos soos dié lê oomblikke saam virewig vas.
More Albums